Welkom by Kleuterzone Langenhovenpark

Caylene Terry

Hoof

Brief uit die Hoof se pen:

Ek is Caylene Terry, Hoof van Kleuterzone Langenhovenpark.
Ek is getroud en mamma van n pragtige seuntjie.

Ek het in 2013 gematrikuleer aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem. Ek het na skool my loopbaan in onderwys begin. Ek is al amper 9 jaar in die onderwys.

Ek glo dat elke juffrou die verantwoordelikheid het om maatjies op ‘n fisiese, geestelike en emosionele vlak te stimuleer.

Nelson Mandela het gesê “Education is the most powerful weapon that we can use to change the world.”

Ek verruil geen kinderlaggie, warmdrukkie of oulike sê ding, vir enige iets in die wêreld nie.

VISIE:

‘n Skool met sterk Christelike beginsels en deurlopende stimulasie.

Om ñ liefdevolle, veilige leeromgewing te verskaf, sodat elke kleuter hul volle potensiaal kan uitleef.

‘n Omgewing skep waar u kleuter kan waag, verken en ontwikkel.

KARAKTEREIENSKAPPE:

  • Ons is sentraal geleë
  • Naby verskeie Laerskole
  • Ruim speelarea en groen gras
  • Veilige omgewing
  • CCTV Kameras
  • Oop gedurende skoolvakansies
  • Personeel is Noodhulp opgelei

Getuigskrifte

Dis nie maklik vir n Moeder hart om haar kosbaarste besting te los by enige iemand nie. Bloemfontein se Kleuterzone het my gerus gestel van dag een af. Ons klein dogtertjie sien uit na haar maaitjies, sien uit na buite speel, broodtjies eet en haar hare vleg. Ek kan Rianka en haar span van bekwame personeel aan enige ouer aanbeveel. Ons kan sien hoe ons kleinding se kennis elke week meer raak. Sy as n twee jarige is te trots om vir ons sirkels oral te teken. Baie dankie aan Bloemfontein Kleuterzone vir dit wat hulle vir ons kosbare dogtertjie beteken.
Lucretia Nothnagel
Ouer
Die skool en die personeel is wonderlik!! Elke kind kry liefde en baie aandag. Ek het 2 dogtertjies. Een is ongelukkig Pre-Primêr toe, maar kan nie wag om elke nou en dan te gaan kuier nie. Hulle was nog nie eendag ongelukkig of wou nie skool toe nie. Hulle word lekker bederf en leer net so lekker elke dag. Ek is nie eendag spyt oor my keuse nie. Rianka En haar span is wonderlik!
Charne Pretorius
Ouer
Graag wil ek hiermee 'n getuigskrif rig aan KleuterZone Bloemfontein. Beide ons kinders het vanaf Januarie 2021 by KleuterZone aangesluit. Ons as ouers kon nie vir 'n beter skool en personeel vra wat deel vorm van ons kinders se opvoeding, holistiese ontwikkeling en veiligheid. KleuterZone is 'n top skooltjie wat ek vir enige ouer sal aanbeveel. Ons seuntjie word Mei, 3jaar oud en ons dogtertjie is tans 9maande oud. Meer gelukkig kan hul nie wees nie. Ons as ouers is ook baie beïndruk met die skool se veiligheid. Die skooltjie bied ook allerhande ander oulike aktiwiteite wat ons kinders doen. KleuterZone is voorwaardelik 'n indrukwekkende skooltjie wat enige ouer en kind kan baat vat.
I van Deventer
Ouer
Toegeweid, optimale ontwikkelingsgeleenthede, Christelike opvoeding en kwaliteit! Dit is paar van dire woorde wat opkom as ek aan Kleuterzone Kleuterskool dink in Langenhoven Park. Zara-Lee Griesel het ingeskryf by Kleuterzone Kleuterskool in Maart 2020. As ‘n Ouer is dit ongelooflik belangrik vir my om te weet dat my kind in die beste sorg is deur die dag, waar sy gehalte stimulasie ontvang, gebalanseerde etes en Christelike opvoeding kry. Rianka het werklik die ekstra myl gestap met Zara van dag 1 af. Daar was ‘n groot ontwikkelings sprong vanaf sy by Kleuterzone ingeskakel het. Die omgee, liefde en sorg wat Zara weekliks ontvang by Kleuterzone is onbeskryflik. Ons is elke dag dankbaar vir Rianka en haar span by Kleuterzone.
Francois Griesel
Ouer
Ons het van Kleuterzone gehoor nog voordat ons eens geweet het waar die skooltjie is, want die woord het geloop. Buitendien, as mens opsoek is na 'n skooltjie vir jou kleinding, word alles gefynkam, so ook wat ander sê. Van die oomblik wat ons voet in die deur gesit het by Kleuterzone, was ons nie teleurgesteld nie. Ons is welkom laat voel en oorval met vriendelikheid, en bowenal, belangstelling in ons kleinding. Dankie Kleuterzone!
T. Van Zyl
Ouer
Wanneer jou 3 jarige jou iets kom leer van die Bybel wat jy al vergeet het, dan besef jy jou kind is waar hy hoort! Beide my kinders is al deel van die Kleuterzone span sedert laat 2020, en ons was nog nie een dag spyt nie. Van die hasieklas, en volgende jaar uiteindelik die Sterretjieklassie vir my oudste… Dit gaan swaar wees om hierdie hoofstuk af te sluit. Vir ouers is die liefde en sorg wat jou kind deur die dag kry veel meer belangrik as enigiets wat hulle leer, en ek kan getuig dat my kinders behandel word met die grootste liefde en respek. Niks is te veel moeite vir n juffrou en haar assistente nie, en al die personeel is altyd vriendelik en behulpsaam. My kinders is opgewonde om skool toe te gaan en kan nie wag om te kom spog met hul kunswerkies en stories van die dag nie. Ons het lank gesoek na ‘n veilige kleuterskool waar ons kinders nog kan buite speel en droom, en toe vind ons dit alles en soveel meer by Kleuterzone! Caylene en haar span is fantasties, en ek ry met n glimlag die ekstra kilos tot by hulle!
A. Schmidt
Ouer
Ons is baie gelukkig daar! Nog nie 'n dag se probleme gehad nie, my seuntjie geniet dit, en die personeel is fantasties, niks is te veel moeite vir hulle nie. Jy sal nie 'n fout maak nie.
Arista Kamffer
Ouer
KLEUTERZONE ALL THE WAY!!!! Al 2 my kinders is daar en is nie ‘n dag spyt nie!!! Absoluut die beste. Jou kinders is nie net by ‘n goeie skool nie, maar dit is mense wat omgee vir jou kinders. Jou kind is nie net ‘n nommer vir hulle nie. En dan gee hulle nog sulke lekker kossies vir hulle ook wat gesond is. Ek sal hulle enige tyd x 1000 aanbeveel. Regtig die beste besluit wat ek gemaak het vir my kinders. Die skool is ook baie netjies en skoon. Kontak vir Rianka Vd Merwe Cunningham sy is altyd bereid om te help en is verskriklik hulpvaardig. Kleuterzone Kleuterskool Bloemfontein amaizing skooltjie!!!!
Janine van wyk
Ouer
Dis n ongelooflike skool. Die skoolhoof is betrokke by alles en lig ouers gereeld in. My kind was nog nooit so gelukkig soos daar nie. Ek kan dit sien in sy gedrag. Skoolhoof stuur elke Sondagaand die week se spyskaart. Sys ALTYD beskikbaar om te gesels. My kind se spraak en woordeskat het binne n week opgetel. Ek kan net goeie goed se van Kleuterzone. Juffrouens is ALTYD vriendelik. Daars goeie struktuur met balans van droom en speel. Ekt lank gesoek vir so tipe skool.
Salomari Botes
Ouer
Wat 'n amazing skooltjie!! Kleuterzone het vir ons van dag een af beïndruk. Met sterk Christelike beginsels, 'n veilige omgewing met juffrouens en personeel wat aan elke kleuter so toegewy en ondersteunend is dat ons dogtertjie haar volle potensiaal uitleef en weet sy is geliefd en word gekoester. Weeklikse programme en temas word sorgvuldig uitgewerk vir elke klassie se vlak van opvoeding en is daar genoeg tyd vir speel en lag. Die gebalanseerde maaltye en peuselhappies is 'n bonus, die kinders is mal oor Thabi se kos. Caylene en haar span verstaan kinder hartjies en ouers se behoeftes, hulle is bevoegd en besorgd oor elke kleutertjie. Dankie Kleuterzone vir die verskil wat julle in ons kleuter se lewe maak.
K. Slabbert
Ouer
As 'n ouer wil jy net die beste he vir jou kind. My 3 jarige seuntjie was in 2 skole voordat ons by kleuterzone aangesluit het. Ons is nie een dag spyt nie. Die skool sal ek vir enige iemand aanbeveel. Die juffrouens gee baie om en kyk na jou kind soos wat jy na hom sou kyk. Die skool en personeel dra goeie waardes. Dit is die eerste skool waar my seuntjie nie huilend heen gaan nie, maar sommer in hardloop. Hy is vreeslik lief is vir sy juffrouens. Ek kan ook sien hy groei emosioneel en christelik baie. Ek sal Kleuterzone met lof aan elke mamma en pappa voorstel.
D.Hayward
Ouer
Werklik n wonderlike skooltjie. Ons kinders is elke liewe dag opgewonde om skool toe te gaan. Tasbare sorg en liefde. Die fondasie van waardes, Woord, en Waarheid is so mooi. Dankie julle.
Monique Duvenhage
Ouer
Ek dink dis enige ouer se grootste bekommernis dat hulle kind/kinders nie sal aanpas nie, of veilig Sal wees nie en wonder of hulle die regte besluit maak vir hulle kind/kinders Wel ouers Kleuter Zone kleuter skool is beslis die regte wyse besluit om teneem Ons kan met die grootste vrymoedigheid sê dat ons kinders se aanpassing baie maklik was hulle en ons was van dag 1 af met ope arms ontvang ek se altyd waar ek welkom is en voel Sal my kinders ook wees. Daar is nie woorde wat genoeg kan dankie sê vir die liefde, ondersteuning en vriendelikheid wat ek die afgelope tyd ervaar het nie.  Ek het deur hierdie avontuur my kinders en myself beter leer ken en ongelooflike groei in hulle opgemerk, daarvoor kan ek slegs dankie sê aan elke onderwyseres wat deel was van daardie groeiproses. Ek kan met trots sê dat dit wat Kleuterzone Opvoedkundige Sentrum in hulle geinfesteer het, groot vrugte sal afwerp, en gaan ons die toekoms met ‘n geruste hart binne.  Aan elke ouer wat dit oorweeg om hulle kinders weg te neem uit KleuterZone kleuterskool uit, wil ek sê, dink weer, die persoonlike aandag, Geloof en liefde wat die kinders hier ontvang. Glo my, ek het die gelyke gaan soek en baie kleuter skole besoek en dit nie gevind nie. Ek self het in die tyd baie mensekennis opgedoen wat my net sterker laat, selfs uit die minder goeie ding, het ek iets geleer. Elke ervaring was ‘n leerervaring
KleuterZone Bloemfontein Ouer
Ouer
N mamma wil tog n skool vir haar kind he wat as mamma sal instaan wanneer sy nie self kan nie. Gemoedsrus, Liefde in Oorvloed, Omgee en Opvoeding van die kleinste babatjies tot die groot maatjies! Ek is so ongelooflik trots om te kan se dat my dogtertjie by Kleuterzone, Bloemfontein is. Sy is een en n half en sy floreer. Sy huil as sy nie self kan hardloop na haar klassie toe nie. Die Christelike basis trek deur tot heel bo. Ek het gemoedsrus om n juffrou enige tyd, enige iets te vra. Ek kry 'updates' en fotos en Lente het n fees. Dis trane as haar juffrou huistoe gaan voor mamma haar kom haal. Die gesonde etes help om kindertjies gewoond te maak aan verskillende kossies. Hoe se mens genoeg dankie. Caylene en haar personeel. Ek haal my hoed af vir julle. Dankie vir julle mens wees.
C.Scheepers
Ouer
As jou kind nie net 'n nommer is nie, dan weet jy jy is by die regte plek!! Ek kon nie vir beter opvoeding, liefde, ondersteuning en betroubaarheid vra nie. Kleuterzone is een uit min! Ek weet altyd as my kinders 'n slegte dag gehad het, hulp kort met iets of as daar ietsie anders fout is. Hulle kyk na my kinders asof dit hul eie is. 'n Mens kry dit nie orals nie, en daarvoor is ek uit my hart uit dankbaar!! As ek my kinders gaan haal, is hulle gelukkig en dan is hierdie mamma-hart net so gelukkig! Caylene is ook nie net die Hoof by Kleuterzone nie, maar ken self die kinders individueel, wat 'n groot rol speel in die feit dat ek Kleuterzone altyd sal aanbeveel! So DANKIE Caylene en jou span, dat ek weet my kinders is by die BESTE!!
KleuterZone Bloemfontein Ouer
Ouer